RSS
 

Die gawes van die Gees [I Korinthiërs 12:1-11]

09 May

1Ko 12:1  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

1Ko 12:2  Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.

1Ko 12:3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

1Ko 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

1Ko 12:5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

1Ko 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

1Ko 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

1Ko 12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

1Ko 12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

1Ko 12:10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

1Ko 12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.


 
Comments Off

Posted in Uit Die Bybel