1Ko 12:1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
1Ko 12:2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.
1Ko 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
1Ko 12:4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
1Ko 12:5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
1Ko 12:6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
1Ko 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1Ko 12:8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
1Ko 12:9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
1Ko 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
1Ko 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
Mat 22:35 En een van hulle, ‘n wetgeleerde, het ‘n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:
Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
Eks 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: