RSS
 

Archive for the ‘Mooi Gedagtes’ Category

Die lewe is ‘n geskenk van God! …leef voluit!

10 Oct

Voordat jy vandag iets negatief en afbrekend vir jou medemens te sê het…
dink aan iemand wat stom is,

Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos…
dink aan diegene wat niks het om te eet nie,

Voordat jy vandag kla oor ‘n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie…
dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of ‘n lewensmaat!

Voordat jy vandag kla oor die ou lewe…
dink aan ‘n kind wat op ‘n sterfbed lê,

Voordat jy vandag oor jou kinders kla…
dink aan die wat begeer om ‘Mamma’ of ‘Pappa’ te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie,

Voordat jy vandag baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie uitgevee het of waar ‘n bed nie opgemaak is nie…
dink aan ons mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek,

Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry…
dink aan iemand wat geen vervoer het en werk toe moet loop,

Voordat jy vandag kla oor jou werk en hoe moeg jy is…
dink aan die werkloses of gestremdes wat ‘n werk begeer,

Voordat jy daaraan dink om ‘n vinger te wys of te oordeel…
onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie.

Ons moet almal verantwoording doen aan een Skepper, Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel…
Glimlag en Dank God dat jy gesond is en leef!

Die lewe is ‘n geskenk van God! …leef voluit!

Wees Vrolik en Lag sonder ophou!
Geniet elke oomblik daarvan.
Gee baie liefde, want God het hierdie lewe aan jou geskenk!


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes

 

Kroonvrou

13 Aug

Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” Genesis 2:18

Het jy al ooit daaraan gedink dat jy, vrou, die hoogtepunt van God se skeppingswerk is? Jy is heel aan die einde geskape omdat jy die kroon van die skepping is!  Nadat God alles geskep het, was daar steeds iets baie belangriks weg. Iets was net nie heeltemal rég nie. Die wese en werklikheid van die hart van die VROU het nog ontbreek!

En deur al die eeue het niks verander nie. Wanneer die vrou nie daar is nie, is daar ‘n groot leemte. Sonder die diensbare hande van die vrou, is die mensdom arm aan sorg; sonder haar begripvolle ore, is woorde stom; sonder haar alles-sien-oë, tas die wêreld soos blindes rond en sonder haar sagte hart is hierdie wêreld ‘n klipsteenharde plek! Want vroue laat die aarde draai. Dis hulle wat meer as net leë mae vul, hul liefde maak mense se harte vol. Hulle maak nie net hul kinders se lyfies met klere toe nie, hulle pantser hulle elke dag teen die wêreld se kou. Hul opregte “hoe-gaan-dit?” laat mense beter voel, hul ek-is-lief-vir-jou-glimlagte laat probleme wegsmelt en hul geloof in môre, gee aan die mensdom hoop. Ja, sonder JOU, soek ander die heeltyd na ‘n vermiste skakel. Wanneer jy nie by die huis is nie, is jou gesin se blyplek koud; as jy nie daar vir jou kinders is nie, kan hulle nie oorleef nie; as jy afwesig is in die mense rondom jou se lewens, is hulle soekend. En omdat jy Jesus se hande en voete is wat hierdie aarde laat beweeg, is dit ‘n lewelose plek sonder jou. Besef vandag dat jy, dierbare vrou, die kroon van die skepping, geskape is omdat jy gekies is om met jou vrouwees aan hierdie wêreld lig te gee. Sonder jou gaan hierdie wêreld mank aan die ware wese van die liefde. Net JY kan met jou vrouwees-eienskappe die verskil maak aan die harte van die mense in jou lewe. Geniet jou vrouwees, dit wat-niemand-anders-kan-wees-nie, met (vroulike) oorgawe en passie! Tot U diens.

Skepper-God, dankie vir die grootsheid van u skeppingswonder! Dankie veral dat U my, vrou, so besonders gemaak het; dat ek u kroonkind is!

Help my om elke dag te onthou dat U my op ‘n spesiale manier In die lewens van ander wil gebruik. Laat my vrouwees U altyd tot eer wees.


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes

 

Kampvuur in jou hart

09 May

‘n Kampvuur in die bos

Wanneer ‘n mens in die bosveld langs ‘n groot knetterende kampvuur sit, hoor ‘n mens feitlik geen dieregeluide in die bos nie. Jy is regtig nie eens bewus van enige gevaar van leeus of olifante of wat ook al nie.

Maar as daardie vuurtjie begin doodgaan, begin die gevaar al hoe groter raak, en raak ’n mens ook al hoe meer bewus van die dieregeluide. Net iemand wat regtig al gesit het langs ‘n kampvuur in die bos wanneer dit besig is om dood te gaan, sal hierdie beeld presies verstaan. Die vuurtjie word al hoe kleiner, en dit word al hoe kouer, en die nag word al hoe swarter, en jy wonder al hoe meer oor die gevare wat in die bos skuil.

Dit gaan presies ook so met ons geestelike lewe: Hoe sterker die vuur van die Heilige Gees in ons brand, hoe minder vrees ons gevare van buite, steur ons, ons aan negatiewe dinge wat om ons aangaan en mense wat ons wil afbreek. Maar hoe flouer God se Gees in ons lewe brand, hoe groter word die gevaar van buite.

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Jesus Christus. FILIPPENSE 4:7


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes

 

WAT IS?

12 Apr

WAT IS ‘N MA?
‘n Ma is ‘n drukkie-mens,
‘n soentjie-mens,
en ek-is-lief-vir-jou-mens
JOU MA IS ‘N KONINGIN WAT JOU SOOS ‘N SLAAF BEDIEN.
WEES LIEF VIR HAAR – GEE HAAR AANDAG.

WAT IS ‘N PA?
‘n Pa is jy-was-stout-mens,
ek-gaan-jou-straf-mens,
want-ek-het-jou-lief mens
JOU PA IS ‘N KONING WAT SOOS ‘N SLAAF VIR JOU WERK.
WEES LIEF VIR HOM – GEE HOM ‘N DRUK

WAT IS ‘N BROER?
Hy is ‘n gee-terug-my-goed-mens,
want-ek-gaan-jou-klap-mens,
want jy-is-my-maat-mens
JOU BROER IS SOOS ‘N PRINS.  HY SAL JOU ALTYD RED.
GEE HOM ‘N SOEN


WAT IS ‘N SUSTER?

‘n Suster is ‘n klikbek-mens,
‘n toemaar-troos-mens,
maar ook ‘n vriendin-mens
JOU SUSTER IS SOOS ‘N PRINSES.  SY SAL JOU ALTYD BYSTAAN.
GEE HAAR ‘N ROOS

WAT IS ‘N VRIEND?
‘n Pragtige mens wat jy baie na aan jou hart dra
‘n Vriend-en-deel-mens
‘n Luister-mens maar ook ‘n seermaak-mens
JOU VRIEND IS SOOS ‘N ROOS, GEE HULLE GEREELD WATER
KOESTER DAARDIE VRIENDSKAP

WAT IS JY?

JY IS ‘N PRAGTIGE MENS, ‘N LIEFDE MENS,
EN EK KAN ALLES DOEN MENS
‘N EK IS HARTSEER EN EK IS BLY MENS
JY IS… ‘N SPESIALE MENS!
BAKLEI DIKWELS ONNODIG MET JOUSELF EN KLA ONNODIG OOR JOUSELF
GEE JOUSELF ‘N KLAP EN ‘N SOEN

WAT IS GOD?
GOD IS HY SONDER WIE ONS NIE KAN OF WIL LEWE NIE
GOD IS HY WAT ONS ANKER IN DIE LEWE IS.  GOD IS LIEFDE
GEE VIR GOD… JOUSELF
.


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes

 

The Cry of a Father’s heart from Genesis to Revelation

11 Apr

My Child

You may not know me, but I know everything about you… Psalm 139:1
I know when you sit down & when you rise up… Psalm 139:2
I am familiar with all your ways… Psalm 139:3
Even the very hairs on your head are Numbered… Matthew 10:29-31
For you were made in my image… Genesis 1:27
In me you live & move & have your being… Acts 17:28
For you are my offspring… Acts 17:28
I knew you even before you were conceived… Jeremiah 1:4-5
I chose you when I planned creation… Ephesians 1:11-12
You were not a mistake… Psalm 139:15-16
For all your days are written in my book…Psalm 139: 15-16
I determined the exact time of your birth & where you would live… Acts 17:26
You are fearfully & wonderfully made… Psalm 139:14
I knit you together in your mother’s womb… Psalm 139:13
And brought you forth on the day you were born… Psalm 71:6
I have been misrepresented by those who don’t know me… John 8:41-44
I am not distant & angry, but am the complete expression of love… 1 John 4:16
And it is my desire to lavish my love on you… 1 John
Simply because you are my child & I am your father… 1 John 3:1
I offer you more than your earthly father ever could… Matthew 1:17
For I am your provider & I meet all your needs… Matthew 6:31-33
My plan for your future has always been filled with hope… Jeremiah 29:11
Because I love you with an everlasting love… Jeremiah 31:3
My thoughts toward you are countless as the sand on the seashore… Psalm139:17-18
And I rejoice over you with singing… Zephaniah 3:17
I will never stop doing good to you… Jeremiah 32:40
For you are my treasured possession… Exodus 19:5
I desire to establish you with all my heart & all my soul… Jeremiah 32:41
And I want to show you great & marvelous things… Jeremiah 33:3
If you seek me with all your heart, you will find me… Deuteronomy 4:29
Delight in me & I will give you the desires of your heart… Psalm 37:4
For it is I who gave you those desires… Philippians 2:13
I am able to do more for you than you could possibly imagine… Ephesians 3:20
For I am your greatest encourager… 2 Thessalonians 2:16-17
I am also the Father who comforts you in all your troubles… 2 Corinthians 1:3-4
When you are broken hearted, I am close to you… Psalm 34:18
As a Shepherd carries a lamb, I have carried you close to my heart… Isaiah 40:11
One day I will wipe away every tear from your eyes… Revelation 21:3-4
And I’ll take away all the pain you have suffered on this earth… Revelation 21:4
I am your Father & I love you even as I love my son Jesus… John 17:23
For in Jesus, My love for you is revealed… John 17:26
He is the exact representation of my being… Hebrews 1:3
And He came to demonstrate that I am for you, not against you… Romans 8:31
And to tell you that I am not counting your sins… 2 Corinthians 5:18-19
Jesus died so that you & I could be reconciled… 2 Corinthians 5:18-19
His death was the ultimate expression of my love for you… 1 John 4:10
I gave up everything I loved that I might gain your love… Romans 8:32
If you receive the gift of my son Jesus, you receive me… 1 John 2:23
And nothing will ever separate you from my love again… Romans 8:38-39
Come home & I’ll throw the biggest party heaven has ever seen… Luke 15:7
I have always been Father & will always be Father… Ephesians 3:14-15
My question is…Will you be my child?… John 1:12-13
I am waiting for you…. Luke 15:11-32

Love, Your Dad
Almighty God


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes

 

Alles gaan op

10 Apr

Petrol pryse gaan op,
Brood pryse gaan op,
Krag gaan op!
Alles gaan op.
Ag weet jy wat?
Ek gee nie om nie want, as
JESUS kom, gaan ek & jy ook op.


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes

 

1 Korintiërs 13 vir Mammas

03 Apr

As 1 Korintiërs 13 net vir Mammas geskryf was…

Al sou mamma die mooiste huis besit en die lekkerste etes vir ons voorberei, maar dit nie met liefde doen nie, dan is dit so waardeloos soos ‘n leë kastrol.

Al is mamma die besigste mamma op die Beheerraad en koop vir my eendag die duurste sporttoerusting, maar mamma het nie die tyd om my langs die sportveld aan te spoor nie, dan sal dit my niks baat nie.

Al koop mamma ‘n kamer vol van die duurste opvoedkundige speelgoeden, betaal sakke vol geld vir ekstra klasse, maar mamma sit nie ook self by my en speel of sukkel met die skoolwerk nie, dan sal dit my niks baat nie.

‘n Liefdevolle mamma is geduldig met my, sy tel maar partykeer my speelgoed en klere op.

‘n Liefdevolle mamma is lankmoedig en vriendelik, sy laai haar motor maar somtyds vol kletsende, bakleiende, swetende skoolkinders.

Mamma’s vergelyk nie hul kinders met ander kinders nie en is nie verwaand oor prestasies nie.

Mamma’s bedek skrape met liefde en pleisters en glo in my, hoop net die beste vir my en verdra die klaery en kritiek.

My gewasde en gestrykte wasgoed word weer vuil en ‘n netjies huis weer deurmekaar, maar ‘n opregte drukkie en ‘n intieme gesprek sal vir altyd in my kinderhartjie bly.

Eendag sal ons huis en sy binnekant tot niet gaan, maar mamma en ons gesin se siele sal ondersoek word.

Toe mamma nog ‘n jong meisie was, was mamma gesteld op mamma se mooi voorkoms en aardse besittings, maar noudat mamma ‘n MA is, het ons kinders die belangrikste geword.

Een van die dae kyk mamma miskien vas in ‘n opstandige tienergesig, maar eendag as ek groot geword het, sal ek die vrugte pluk van die LIEFDE wat mamma in my kleintyd gesaai het.

En nou bly, AANDAG, GEDULD en LIEFDE, hierdie drie, maar die waardevolste hiervan is die onvoorwaardelike LIEFDE van ‘n moeder.


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes

 

Tien Beloftes [gebaseer op die Tien Gebooie]

02 Apr

Eerste belofte

As Ek die eerste plek in jou lewe inneem, sal jy geen ander gode wil dien nie, want Ek sal die ereplek in jou lewe hê!


Tweede belofte

As Ek in jou hart woon, sal dit nie nodig wees om gesnede beelde van My te maak nie, want jy sal self My beeld dra!


Derde belofte

As jy My liefhet, sal My naam nooit ‘n vloekwoord oor jou lippe kan wees nie, maar in alle omstandighede deur jou eerbiedig en gerespekteer word!


Vierde belofte

As Ek die ereplek in jou lewe het, sal Sondag die hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou ‘n vreugde wees om in die Gemeenskap van die heiliges My te aanbid. ‘n Dag om na uit te sien, nie om teen op te sien nie!


Vyfde belofte

As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou ‘n voorreg wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter Hulle sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies het!


Sesde belofte

As jy my liefde jou eie gemaak het, sal jy nooit iemand wil seermaak of haat nie, wat nog te sê doodmaak!


Sewende belofte

As jy My liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. As Ek ‘n plek in jou huwelik het, sal julle vir mekaar lief wees en julle geluk sal ek in my hande bewaar en vashou!


Agtste belofte

As Ek op die troon van jou lewe sit, sal jy daagliks vra: “Aan wie en waar kan ek aan ‘n ander iets gee” en jy sal nooit iets van ‘n ander wil neem nie.


Negende belofte

As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van ‘n ander kwaad te praat nie. Deur my gees sal jy ‘n mens wees wat van ‘n ander niks sal sê as dit nie iets goeds is nie!


Tiende belofte

As jy een met My is, sal My gees jou tevredenheid gee om tevrede te wees met wat jy het, met die besef dat God gee soos wat jy nodig het en wat Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat jy niks sal kortkom nie!


 
Comments Off

Posted in Mooi Gedagtes