RSS
 

Archive for March, 2012

Die Onse Vader [Matthéüs 6:9-13]

30 Mar

Mat 6:9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

Mat 6:10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Mat 6:11  gee ons vandag ons daaglikse brood;

Mat 6:12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Mat 6:13  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.


 
Comments Off

Posted in Uit Die Bybel

 

Die Tien Gebooie [Eksodus 20:1-17]

30 Mar

Eks 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

Eks 20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

Eks 20:3  Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Eks 20:4  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

Eks 20:5  Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

Eks 20:6  en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Eks 20:7  Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Eks 20:8  Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

Eks 20:9  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

Eks 20:10  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

Eks 20:11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Eks 20:12  Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

Eks 20:13  Jy mag nie doodslaan nie.

Eks 20:14  Jy mag nie egbreek nie.

Eks 20:15  Jy mag nie steel nie.

Eks 20:16  Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

Eks 20:17  Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.


 
Comments Off

Posted in Uit Die Bybel